Sunday, May 20, 2007

My nuwe huis


Ek is terug in die land en het my gehaas na Strydenburg, waar Gunther my gehelp het om die plek te restoureer. Hy is basies klaar, en hier is solank 'n paar voor en na foto's. Wag net vir die meubels en die dekor, die mooiste huis in die Karoo is besig om vorm aan te neem! Hier is die vooraansig aan die begin. Let op die pienk kleur . . .


Nou lyk dit so, meer gepas vir die woestyn-omstandighede, en baie, baie mooier.


Die voorstoep, en dis Gunther daar agter by die deur.


Binne was sulke dennehoutplanke teen die mure. Dalk mooi . . . maar nie vir my nie, ek het die vloermatte vervang met hout, en dit sou bots met die dennehout teen die muur.


Dis wat ek laat doen het. Limewash die hout teen die mure, en mooi nuwe houtvloere.


Die badkamer het novilon op die vloer gehad, en die teels was swak afgewerk.


Nou is daar teels wat lyk soos klip (weer die woestyn-idee . . . ) en die ou wit teels is bietjie beter afgewerk.


Hierdie kamer, soos die hele huis, het matvloere gehad, en die kamer het ook blou mure gehad. (Die blou gordyn wat hier uitsteek is nog 'n oorblyfsel van die oertyd.) Net om 'n idee te gee van wat ek beplan, outydse meubels, daar is houtvloere oral, en die mure is reg deur die huis wit, vir koelte en rustigheid.


Die braaigebied voorheen . . .


En nou, geplavei en gesnoei. Bruikbaar . . .

No comments: