Sunday, December 24, 2006

Beste wense


Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar Kersfees is nie my gunsteling tyd van die jaar nie. Ek is een van daai gelukkige mense wat nooit Sunday Blues het nie, maar hierdie week om Kersfees kry ek sommer so op een slag 52 Sondae se blues. (Nou met my kar wat gesteel is, is ek selfs blouer as gewoonlik . . . ) Maar dit is die tyd van deel en gee, en ek wens almal graag 'n wonderlike feestyd toe, en mag al jul wense en drome vir 2007 waar word. Ek het allerhande besluite om te neem, en ek glo die nuwe jaar sal vol eenvoudige antwoorde wees. En ek gaan nou die blues afskud en heerlik saam met die familie kuier. Voorspoed en liefde aan almal.

1 comment:

Lammervanger said...

Baie dankie - om een of ander rede veroorsaak Kersfees onnodige breinaktiwiteit wat dan noodwendig lei tot 'n ongewensde gemoedstoestand... Goeie wense vir jou en vir jou in die Nuwe Jaar.