Ek sien vandag Jappanese wetenskaplikes het die eerste keer in die geskiedenis 'n reuse-seekat (giant squid - hulle kan tot 18 meter lank word en is die soort ding waarop mites en legendes gebou word) lewendig gevang en afgeneem. Verstommend. Die BBC het 'n video daarvan. Dis een van daai dinge waarvan mens net hoor, en af en toe spoel daar 'n dooie een uit iewers op 'n strand in Nieu-Seeland, maar hier is die ware jakob.
Sunday, December 24, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment