Thursday, October 19, 2006

Ou woorde

Wanneer laas het iemand die woord 'divan' gehoor?
Soos in: Jy kan vanaand oorslaap, sommer op die divan.
Daar's baie sulke ou woorde wat mens nie meer aldag hoor nie. Wie ken nog?

7 comments:

Natasja said...

Wat van "om't ewe". (Ek dink dis hoe mens dit spel - het dit so lanklaas gesien ek is nie meer seker nie.)

Do Kwang said...

Of soos in "As Divan Serfontein en Calla Scholtz nog gespeel het, kon die Curriebeker weer huis toe kom."

Anonymous said...

Of soos my oumas en oupas se DRESSER vir die aantrekslag. Laas toe ek die woord gehoor het was toe n dame met n swaar Namakwalandse aksent haar "useless" pierewaaier van n baas beskryf het: "ag foeitog, die man is maar net n prettige DROL op n dresser!"

Ek lag nou nog

Groete
Klagat

Anonymous said...

Het die ouergarde dan nie van n KOOS onder die bed gepraat nie?

Dit is nou die pee potte van ouds.

jare laas daai een gehoor.

Klagat

Lammervanger said...

Wat van 'n skeut melk soos in die ou resepteboeke? Te veel van ons lekker woorde verval in onbruik. Ek het nog nooit die woord divan gehoor nie (maar wel Divan).

rondloper said...

Miskien was divan 'n Transvaalse woord gewees. Ek het aan nog een gedink: soutpiel! Dis seker nie eintlik PC nie.

rondloper said...

Ek het hierdie naweek in die Karoo nog twee woorde gekry:
Kokai - Soos jy is nou sommer kokai om 'n huis in Strydenburg te wil koop.
Voetgangers - Soos in sprinkane in hul pre-puberteitsjare. Ek het baie van hulle in die Karoo oor die pad sien loop. Nie so 'n onbekende woord nie, maar mens hoor dit tog min. Seker omdat jy in die stad nie einlik hierdie soort voetgangers sien nie.