Monday, October 16, 2006

Die wondere van die vrye mark


Is ek die enigste een wat reken Suid-Afrika is party maal 'n baie duur land. Ek dink lankal kos (uiteet) hier by ons is regtig buitensporig duur as jy dit vergelyk met lande soortgelyk aan ons. Ook hotelverblyf, dis sommer net absurd. Maar vandag het ek dit eintlik oor vliegkaartjies. Ek wil die naweek wat kom Knysna toe gaan om by my neef te gaan kuier. Hy werk in die buiteland en ek sien hom baie min, maar ons is groot vriende, dus doen ek moeite as hy terug is hier om hom te sien. Maar van die Kaap na George kos 'n vliegkaartjie omtrent R2200, retoer. Dis nou vir 'n vlug van nie eens 450km nie. (Ek het nie tyd om te ry nie, want ek het baie werk gekry sedert ek terug is, dus het ek net oor die naweek tyd om soontoe te gaan, want my neef vertrek weer volgende Dinsdag).
Vergelykenderwys:
My vlug van Singapoer na Delhi (met 'n gratis stop in Colombo) met Sri Lankan Airlines het basies dieselfde gekos, R2500, retoer. Dis 'n vlug van by die 3000 km. Met volledige diens, nie 'n low cost-vlug nie. Ook nie 'n spesiale afslagkaartjie gewees nie, net 'n gewone ekonomiese klas-kaartjie op die internet bespreek.
My vlug van Auckland na Apia in Samoa, ook so amper 3000 km, was maar omtrent R1800, retoer. Selfde storie, gewone ekonomiese klas, op Air New Zealand (nou wel nie die beste lugdiens wat daar is nie).
Dis net twee voorbeelde van vele. Maar hier in Afrika, jy kry wel goedkoperige kaartjies op die budget-lugdienste (steeds nie die wonderlike pryse wat jy op Air Asia of Easyjet kry nie), maar gewone vlugte is geheel en al buitensporig. Hoekom? Duidelik maak iemand vreeslik baie geld.
Dis net soos die internet service providers. Ek lees nou die dag iewers dat in Engeland kan jy 'n basiese broadband pakket kry teen 'n spoed wat ons nie eens van kan droom in SA nie vir so 10 pond per maand. Ons goedkoopste aanbod is omtrent R500 per maand, en jy moet jouself vasteken vir 24 maande! In Kambodja en Vietnam is openbare broadband (soos in coffee shops) gratis of kos amper niks. Hier kos dit van R15 per uur tot R50 per uur. Hoekom?

5 comments:

Anonymous said...

Dagse,
Ek stem met jou saam oor die kos, maar ek wil verskil met jou op twee punte. Die vlug George toe kos jou soveel omdat jy heelmoontlik met 'n klein vliegtuigie sou gevlieg het (dus minder passasiers om die kostes te dek), omdat daar nie rerig veel van 'n mark daarvoor is nie. Vlugte tussen die Kaap en Johannesburg, aan die ander kant, sal jou so R800 kos as jy nie 'n goedkoop ene kry nie (en gaan kyk so bietjie hoeveel daarvan is belasting).

En die internet moet jy nie op die ISPs blameer nie! Al die ISP's moet bandwidth van Telkom koop; hulle is eintlik baie mededingend. Jy teken jouself net vas as jy 'n gratis modem wil he.

Ek geniet jou blog :-)

Lammervanger said...

Dit gaan maar oor kompetisie op die roete. 'n Retoerkaartjie van Sydney na Johannesburg kos AU$3000, terwyl 'n round the world kaartjie jou AU1800 kos...

rondloper said...

Of dalk die gebrek aan kompetisie op sekere roetes . . . As hulle agterkom daar is net een of twee lugdienste op 'n roete, span hulle saam om die pryse so hoog moontlik te maak. Daar was juis onlangs 'n groot skandaal oor prysvasstellings op die Noord-Atlantiese roete tussen Engeland en Amerika. Maar hier by ons is niemand wat prysvasstellings dophou nie . . .
Thanks vir jou kompliment Bloute!

Anonymous said...

Uiteindelik se^iemand waaroor ek al lankal kla. As mens mooi somme maak is SA regtig vrek duur en definitief nie goedkoop nie. Elke jaar as ek terugkom uit die buitelnad vir n vakansie bring ek dieselfde som geld saam en elke jaar moet ek by my ma meer geld bedel om uit te kom en dit het niks met die wisselkoers te doen nie. Alledaagse gebruiksitems word net duurder en duurder. Dan praat mens nog nie van al die VERSKUILDE kostes van lewe in SA nie soos mediese fonds, basiese veiligheid van huis, aftree bydraes, versekering ens nie. En as mens iets lekkers wil doen moet mens uithaal en wys want die buitelanders kan mos betaal so dus moet ons oor dieselfde kam as hul geskeer word al is ons Suid-Afrikaners. Oor vliegkaartjies moet jy nie eers praat nie want dan raak ek heel bed.... Mens kan goedkoper Australie toe vlieg uit die UK as na SA. My aardrykskunde is nie waffers nie maar ek dink Australia is bietjie verder of hoe Lammervanger?

So ja SA is in my boekies n baie duur land

Groete daar
Klagat

Lammervanger said...

Ek stem saam Klagat. Ek het nog altyd 'n probleem dat Suid-Afrikaanse gebruikers maar net hulle bekke hou en betaal vir alles en vir swak diens. Ons doen mense mos 'n guns as ons ons geld vir hulle gee, terwyl dit wragtagwaar andersom moet wees.