Monday, October 16, 2006

Gratis en verniet

Ek hou van dinge wat gratis is. Dis hoekoem ek gereeld musiek-podcasts aflaai op itunes, want dis heeltemal wettig en jy kan basies jou eie albums skep deur CD's te sny van die goeters wat jy aflaai. En hierdie maand het ek 'n ander bonus ontdek, as gereelde Insig-leser het ek in my jongste uitgawe van die tydskrif 'n gratis cyber-CD (soos hulle dit noem) ontvang. Dis 'n CD met lekker Afrikaanse musiek wat jy by www.rhythmrecords.co.za kan gaan aflaai. Doen daar 'n search vir 'Insig', dan sal jy by die Insig-album uitkom, en jy kan die hele CD gratis aflaai. Al lees jy nie Insig nie. Dankie, rondloper.

1 comment:

Anonymous said...

Gulsigheid, jong, ek se^ jou dis gulsigheid. Absa is nou glad op Sondae oop - weet nie of dit in die Kaap ook so is nie. Ja, ek se^ dit al lankal: SA is 'n baie duur land om in te woon as mens met ander lande begin vergelyk.