Sunday, March 18, 2007

Musiek vir die langpad




My geselskap hierdie naweek op pad na Strydenburg, en terug, was onder andere hierdie driestuks. Ek het een keer lank, lank gelede op aanbeveling van iemand 'n CD van Calexico gekoop (effense folksy, amper Meksikaans, bluesy musiek), ek was (en is) mal daaroor. Maar Calexico het verskeie projekte, waarvan een Iron and Wine is, wat 'n fantastiese musiekgroep. Ek het al hier en daar met mense oor hulle gepraat, maar baie min mense ken hulle blykbaar. Ek hou van musiek met gevoel, wat nie te veel raas nie, en mooi klink, dit werk vir my soos 'n bom. Anyway, toe ek nou onlangs weer 'n hele besending Iron and Wine en Calexico-CD's van Amazon bestel, verskyn daar onder die aanbevelings Sufjean Stevens, wat ek toe summier koop hoewel ek nog nooit eens van hom gehoor het nie. En wat 'n ontdekking! Ek raak verveeld met die stroperige musiek, of hip-hop twak wat ek meestal op die radio hoor, dan af en toe ontdek ek iets wat my net weer skoon opgewonde maak. Sufjean Stevens is so iets. Dis moeilik om te plaas as wat dit nou eintlik is, ook folk, maar bietjie anders. En die derde een hierbo is die Flaming Lips. Ook hulle leer ken via 'n Amazon-aanbeveling op 'n vorige Calexico-bestelling. Daar is een song op die CD wat klink soos 'n anthem, moody, meesleurend, met die vreemde titel Pompei am Gotterdamerung, wat gaan oor twee mense wat staan en kyk hoe die lawa by die vulkaan uitspuit en vir mekaar sing hulle sal nou vir ewig as versteende mense mekaar se hande vashou. Maar moenie dink dis 'n soppy Westlife-tipe CD nie, o nee. Gaan luister gerus op Amazon. Mens moet jou horisonne altyd verbreed seg ek.

1 comment:

Christine said...

Ek's mal oor al hierdie bands. Het laasjaar vier kaartjies gekoop vir 'n Calexico/Iron&Wine gig. Twee vir my, en twee om te tout.
Maar toe besluit ek om in daai tyd na SA te gaan. Toe sit ek al die kaartjies op ebay en verkoop almal vir meer as dubbel die prys. Was self verbaas oor al die belangstelling, want 'n mens ontmoet nie gereeld mense wat die musiek ken nie. Maar, ja, daar's 'n paar hardcore fans daarbuite.
Weet nie of jy Low ken nie, maar dis net so cool.