
Ons het 'n lekker Opel Corsa Sport, splinternuut, gehuur vir die trippie af wildtuin toe. Jeff is 'n Chinese Maleisier en baie, baie lief vir die kamera. Hy neem alles af. Dis op die tweede dag in die ooptes van Mpumalanga daar by Witbank se wereld, wat selfs vir hom mooi was omdat dit so oop is, al is dit darem nou regtig nie die mooiste plek in die land nie.

By die Old Transvaal Inn op Dullstroom, waar Jeff braaf genoeg was om pap en wors en potjiekos te probeer. Hy het gese^hy is nou in SA, en wil SA kos eet. Nogal anders as party ander Oosterlinge saam met wie ek al gereis het, wat net hul eie land se kos wil eet, come hell or high water. O, die Chinese lyk almal so jonk.

Toe ons oor die platorand daar by Pelgrimsrus se wereld ry, wou Jeff net foto's neem. Hy het dit "Broken Mountain" genoem. Hy het gese^ my land is so rustig en so mooi, hy kan nie verstaan waarom ek graag in Asie wil gaan werk nie.

Die Blyderivier-canyon. Ekself was baie lanklaas hier en dit was net eenvoudig skouspelagtig. Ek wil graag vir die Kapenaars wat reken dat die beskaafde wereld duskant Worcester ophou se^: julle mis uit! Ek was baie, baie lanklaas in Mpumalanga en het nie besef wat ek gemis het nie. Die berge, die uitsigte, die vars, blou lug. Die grootsheid van dit alles.
2 comments:
Ons was laas week in Addo, en dit was ook VOL buitelanders. Ek stem saam dat dit baie goeie nuus is. Sodra ek kan uit-figure hoe om my skills met toerisme te kombineer vir 'n beroep sal ek dit waarskynlik doen.
Ons nasionale parke (SANparks as organisasie) is iets wat my baie trots maak. Dis BAIE bekostigbaar (teen R20/dag kan enige SAner dit bekostig), die diens is uitstekend en vriendelik, en die fasiliteite is baie goed. As die res van my belastinggeld so goed aangewend word soos die bietjie wat hulle kry sal ek 'n baie gelukkige landsburger wees.
Jy is heeltemal reg oor die parke, ek het al te veel mense gehoor sanik oor die sogenaamde agteruitgang van die parke. Indien enigiets was daar vreeslik baie vooruitgang. Ons was in Kruger (sal later daaroor post) en wat 'n fees, alles werk, alles is beskikbaar, dis perfek skoon en netjies, regtig net heerlik. Maar ek dink daar is wel 'n prysverskil tussen Kruger en Addo, mens moet mos nou die Wild Fee (of so-iets) betaal as jy ingaan, by Kruger is dit R50 per dag vir SA mense en R100 per dag vir buitelanders. Maar ek betaal dit graag, waar kry jy sulke ongerepte natuurskoon en wildlewe teen daai prys?
Post a Comment