Sunday, July 30, 2006
'n Ander nasie
Die Japannese is nou maar net anders as enigiemand anders, hulle sien die wereld net heel anders - hierdie is een van die snaaksste videos wat ek in 'n ruk gesien het. Dis hulle idee van Candid Camera. Moenie kyk as jy sensitief is vir toilethumor nie. Maar nie a la Leon Schuster nie, baie snaakser.
Wat is die waarheid?
Ek is een van daai water-van'n-eend-se-rug-mense. Dinge ontstel my gewoonlik nie, ek is nooit 'n fighter nie, ek (glo) ek verstaan die wereld soos hy is, so dinge pla my nie. Ek stel gesond belang, ja, maar dis dit. Maar vandag het ek my moer behoorlik gestrip vir die klomp malles wat besig is om websites te skep om vir die wereld te vertel hoe sleg Suid-Afrika is. Ek praat van die versekeringsmakelaar Neil Watson, in Kampsbaai nogal (SKATRYK uit Suid-Afrika dus), en nog 'n ander site, www.southafricaiscrap.blogspot.com. Daar was vandag 'n artikel in die Argus oor hierdie twee, en nog een of twee. Dit pla my dat mense wat eintlik erg oningelig is, besig is om die hele wereld, wat maar net so oningelig is, nonsens oor SA te vertel. Ek het op my onlangse reis regtig baie mense ontmoet wie se eerste vraag was of SA dan nie gevaarlik is nie. Interessant genoeg was hulle almal van Europa, Amerika, Kanada, Nieu-Seeland of Australie. Die Asiers self het nie gevra nie, hulle stel nie belang in ander lande se probleme nie, hulle het hul eie, veel erger soms. En ek verstout my om te dink die ander het by Suid-Afrikaners wat in hul lande woon, gehoor hoe gevaarlik dit kastig hier is.
Maar dit is my punt, die wereld is nie 'n volmaakte plek nie, daar is oral probleme, mense wat nou gaan staan en websites skep oor SA wat so die slegste in die wereld is, is bloot oningelig. Daar is nie plek vir sulke denke in hierdie dag en tyd nie. Ek weet ons het voorheen op pienkzuit 'n gesprek hieroor gehad en dit het soms warm geraak. Ek is die eerste een om te erken dat geweldsmisdaad in SA dalk die ergste in die wereld is, wat ons van weet. Ons weet nie wat gebeur in Brasilie, Argentinie, Indie, China - lande op dieselfde vlak van ontwikkeling as ons, met veel meer mense as ons, maar geen stats nie - maar, ja, misdaad is sleg hier. Dis ook sleg op ander plekke. Ons kan nie probeer maak of ons Kanada of Nieu-Seeland is nie. So leef in die werklikheid, dis eintlik al wat ek vra. En probeer op jou klein manier om dinge beter te maak.
In elk geval, die klomp neo-Nazi het my so vies gemaak (nadat ek die Argus-storie gelees en toe soos 'n dwaas na die websites gaan kyk het) dat ek 'n ietwat kwaai brief geskryf het vir albei sites. Ek sal nogal wil sien of hulle dit publiseer. Ek dink ons as Bloggers kan probeer om die southafricaiscrap-site toe te maak deur Blogger se admin-mense te bombardeer met briewe oor die rassistiese aard van die site. Gaan kyk maar, dis eintlik 'n plek vir white supremacists. Ek glo in elke moontlike vorm van vryheid van spraak, maar nie haatspraak nie.
O, nog iets, Neil Watson van crimexpouthafrica het allerhande SMS-peilings op sy site teen R3 per SMS. Ek wonder of hy die geld gebruik om misdaad te bestry.
Hier is die brief wat ek geskryf het (met skuilnaam, ek wil nie my naam op daai site sien nie)
Sir,
I dare you to publish this letter on you website, as I find it very interesting that the only options for comments or votes you leave on your website are for people to agree with you. Vote for Neil to expose crime, vote for Neil to prepare a class action etc. Register as an ordinary South African to expose the truth (your truth?) etc. Were you well trained by the previous white government in SA? Sounds like it.
Maybe some day you guys (and girls) will wake up to the real world. There is no room in this world for utopian visions of safe, white societies (except maybe in some Nazi colony in the Chilean mountains, they exist, check them out, you might like them). There is no safe place anywhere, the world is full of fallible people, everyone has problems. I am a white South African, quite happy here, the opportunities are endless.
There are places with worse crime (there are more house break ins in Canada than here, check it out on the UN website), and most places we should compare ourselves to don't have stats. Face it, this is not Australia or Switzerland, in what world do you live?
You need to wake up and face the facts that you are not happy here, so leave then. Go to some so called safe place like New Zealand and start writing about the crime there if you have nothing better to do, trust me it exists, in same cases worse than here.
Maybe the moon is an option for you.
May you find peace somewhere,
Jacques
PS What do you do with the proceeds of all those expensive vote SMS's that people send you?

Saturday, July 29, 2006
'n Huis vol musiek

Ek is nou nie 'n man wat spog oor dinge nie, maar ek het vandag vir my 'n Ipod-HiFi gekoop en ek dink dis min of meer die beste ding wat ek nog ooit gekoop het. Dit kos 'n paar rand, maar daar was 'n special by Incredible Connection sodat dit eintlik net omtrent R200 meer kos as wat dit by die Apple-winkels in Amerika kos, dus was dit die enigste verskoning wat ek nodig gehad het, want vandat ek begin lees het oor die ding wou ek hom he^. Dis ONGELOOFLIK!!!! Jammer dat ek skreeu. Dis 'n kleinerige speaker, dis eintlik al, baie swaar en gepak met tegnologie. Ek het hom nog nie eens op sy hardste gespeel nie, ek is bang die bure hier in Welgevonden kla. Wat hy ook doen, ek weet nie hoe Apple dit reggekry het nie, die musiek is letterlik die hele huis vol. Dit klink asof daar in elke kamer 'n speaker is (toegegee die huis is kleinerig). En dit klink nie soos 'n stereo in 'n ander kamer wat te hard is nie, dit klink asof die stereo in die kamer is waar jy is. Die ding staan bo, maar as ek afloop ondertoe, is die klank net so helder, skerp en in stereo. En byvoorbeeld in die woonkamer waar ek nou sit, die klank is oral om my, uit daai kleinerige dingetjie. Dit omring jou, soos 'n stel baie goeie oorfone. Ek is nou vir ewig 'n Apple-fan (ek doen mos nou al lank reklame vir hulle!). As enigiemand die kans kry om iewers die Ipod-Hifi te toets, doen dit, jy sal nie glo wat jy hoor nie. Ek is regtig tevrede. Ons praat nie hier van gewone ou rekenaarspeakertjies nie, dis so goed soos 'n topklas en baie duur stereo-stelsel, en soveel eenvoudiger en kompakter.
Wednesday, July 26, 2006
Winter in die bos

Die naweek se reen het opgehou, dit was baie nat en koud hier in Stellenbosch. Toe ek gister werk toe ry (ek doen op die oomblik vryskut-subwerk vir Wegbreek) was die Boland net so pragtig. Jy kan die vorige nag se reen nog sien blink op die gras, maar die lug is helder en blou en skoongewas.

En net so 'n entjie verder het die son agter hierdie bospaadjie opgekom. Dit het my laat dink aan The Unbearable Lightness of Being.
Monday, July 24, 2006
Slagter van Kambodja
Aangesien ek in September teruggaan na Kambodja met die plan om 'n huis te soek wat ek kan huur en gebruik as gastehuis, volg ek nou die nuus van daardie deel van die wereld met meer aandag as gewoonlik. Interessant is dat omtrent drie dekades nadat die Khmer Rouge uitgeskop is, nadat hulle miljoene mense doodgemaak het, is niemand nog in 'n hof verhoor vir die slagting nie. Een van die groot slagters is pas dood, en ek lees op die BBC daar is steeds mense wat hom as 'n held beskou. Die hofsake teen die oorblywende Khmer Rouge-leiers begin dalk volgende jaar (dan sal ek van daar kan berig!) Maar ek kan byna nie glo dat mense, na soveel lyding, steeds iemand wat sonder om te skroom mense afgemaai het, 'n heldebegrafnis kan gee nie. Ek sien hulle gaan ook 'n monument vir hom oprig. As jy baie arm is en die Khmer Rouge het jou toe gehelp, vergeet jy seker van die swaarkry in vergelyking met nou se swaarkry.
Die BBC skryf:
Hundreds of Cambodians have paid their respects to Ta Mok, a former Khmer Rouge leader nicknamed "The Butcher".
In a traditional Buddhist funeral ceremony, incense was burned and prayers recited over Ta Mok's body, which was daubed with white powder.
The ceremony took place in Ta Mok's former stronghold of Anlong Veng, in the north of Cambodia.
Ta Mok, who died on Friday, was the regime's military commander and linked to many atrocities of the 1970s.
About 1.7 million people died under the Khmer Rouge, through a combination of starvation, disease and execution.
Ta Mok was the only Khmer Rouge leader who refused to bargain with authorities following the collapse of the regime, and he was arrested in 1999 near the Thai border.
Hier is 'n storie van die BBC oor wat hy gedoen het en wie hy was.

Saturday, July 22, 2006
Sneeu op die berge

Daar is vandag so 'n dun lagie sneeu op die Bolandse berge hier net buite Stellenbosch. Dis regtig koud. Hier waai so 'n snerpende wind wat klink asof dit die dak gaan afwaai. As ek mooi foto's kry sal ek dit wys, maar hier is 'n kouefoto van my uit Nieu-Seeland, op 'n gletser. Soos julle kan sien, al sit ek op 'n soliede stuk ys, dra ek 'n kortbroek want ek ek kry nie so koud soos ek vandag in Stellenbosch kry nie. Verstaan dit nie eintlik nie.
Podcast101
Miskien preek ek vir die converted. Dit gaan steeds oor podcasts. Ek was eens op 'n tyd regtig nie 'n groot fan van Apple en die ipod nie, ek het een gekoop en was aanvanklik bietjie teleurgesteld - nou kan ek met skaamte erken dis omdat ek net doodeenvoudig dom was en die ding nie ten volle benut het nie. Ek het selfs toe 'n ander MP3-speler gekoop, wat aanvanklik vir my makliker was om te gebruik, maar nou is ek weer terug by Apple. Dit is darem net regtig so eenvoudig, nadat jy itunes afgelaai het, is daar niks meer om te doen nie, hy laai elke keer self alles wat nuut is.
Maar eintlik wil ek skryf oor Indiefeed, dis een van die podcasts wat jy op itunes kry, dis musiek. Gratis! Jy kan verskeie soorte musiek kies, soos folk, electronic, alternative rock en so aan. Dis nie eintlik mainstream nie, en is waarskynlik juis daaroor wonderlik. Ek laai byna daagliks 'n nuwe folk song af, en as daar genoeg is, kan jy 'n CD maak van al die nuwe liedjies, vir niks geld nie. Die hele doelwit met hierdie spesifieke podcasts is om die kunstenaars aan 'n wyer gehoor bekend te stel, en dit werk soos 'n bom.
Jy kan waarskynlik Indiefeed se podcasts aflaai op ander soorte MP3-spelers ook. Maar as jy 'n tegnofoob is soos sekere mense wat ek ken en nie hier gaan identifiseer nie, is die maklike oplossing om itunes af te laai en dit te gebruik, want die program doen alles vir jou. (Ek weet podcasts is nie eksklusief 'n Apple-ding nie.)
Maar, al het jy nie 'n ipod nie, kan jy steeds itunes aflaai van die internet af (gratis) en dan ook inteken op enige van hulle derduisende podcasts, wat jy op jou rekenaar kan aflaai en kan brand op CD. Ek dink dis ongetwyfeld die maklikste manier. Jy sal dit waarskynlik nie kan aflaai op 'n ander soort MP3 nie, want AAC-files (Apple se musiekfile) kan meestal nie op enige ander speler gespeel word nie. Maar jy kan wel luister op jou rekenaar.
Ek sien daar is nou 'n hofsaak in Frankryk aan die gang, een of ander drukgroep wil Apple dwing om itunes beskikbaar te maak as enige soort musiekfile, dat jy dit dus op enige speler kan speel. Interessante kwessie, want Apple het itunes geskep om 'n eksklusiewe produk te skep wat jy net op die ipod kan speel, dus moet jy die ipod koop en Apple maak geld want itunes is so wonderlik dat almal 'n ipod wil he^. Dis seker die redenasie gewees.
Dit was, moet ek bieg, aanvanklik een ding wat my gepla het van die ipod, jy kan nie eintlik eingiets anders doen met jou musiek behalwe dit op die ipod speel nie. Maar nou het ek uitgevind jy kan wel CD's brand, en jy kan natuurlik dit as jou default-speler op jou rekenaar gebruik, wat tog lekker is, want dis 'n baie gerieflike program.
Dat ek nou so oop en bloot loop en vir Apple adverteer! Mens sou dink ek word betaal daarvoor. Ek sal graag wil weet hoeveel mense is ipod-ondersteuners en hoeveel gebruik ander soorte MP3-spelers (Windows-gebaseer), want jy kan nie eintlik albei gebruik nie - dis net te veel moeite. Watter een is die beste? Kom ons stem!

Sunday, July 16, 2006
Uit ons argiewe

By een van die tempels in die Angkor Wat-kompleks by Siem Reap in Kambodja. Met hindsight besef ek net weer eens watse ongelooflike plek dit is. Ek gaan September weer soontoe, dan sal ek daarna kan berig oor waar en of my beplande gastehuis in Kambodja gaan gebeur. Ek oorweeg ook van die kleiner, minder ontdekte dorpies, maar sal die besluit neem wanneer ek terug is daar.

Ek is besig om al my baie foto's uit te sorteer. Een ongelukkige insident, een van die CD's wat ek in Indie laat sny het, het 'n virus op, dus sukkel ek my dood om daardie foto's oop te kry. En honderde ander klante van dieselfde winkel sukkel nou ook seker. Ek vorder daarmee, maar dit vat lank. Nou krap ek af en toe ander foto's uit. Hier is 'n polisieman op een van die vele ou Portugese stadspleine in Macau, onder die stad se sestiende-eeuse katedraal.
Teslaarsdal ontdek

Ek en my blog en my plasie in Afrika was gister 'n eregas op RSG se reisprogram! Ongelukkig het ek die program gemis, dit was bietjie vroeg (my ma het my sewe-uur die oggend gebel om te vertel dat ek moet luister) maar toe het ek nog vas geslaap. Jy kan my nie so vroeg op 'n Saterdagoggend bel nie, veral nie as ek die vorige aand saam met my vriend positiewedenke in Die Akker gekuier het nie. Maar blykbaar was dit 'n reisprogram en die aanbieder was vreeslik opgewonde oor die wonderlike nuwe plekkie wat hy ontdek het: Teslaarsdal. Dis so 30km buite Caledon op die Hemel en Aarde-pad uit vir diegene wat nie weet nie. En die aanbieder vertel hoe hy op die internet gesoek het vir inligting oor Teslaarsdal, daar is min beskikbaar, en wat hy gekry het was my blog en my vorige post oor die plek. Hy het my geidentifiseer as die 'outjie' wat so die hele we^reld vol toer en wat 'n plasie in Teslaarsdal besit. Hy het hom sterk uitgelaat teen my planne om die grond te onderverdeel, maar wat hy natuurlik nie besef nie is dat die meeste stukke grond daar te klein is om ekonomies op te boer, dus as mens die omgewing bietjie wil laat ontwikkel, is die beste uitweg om van die grond te onderverdeel vir residensiele doeleindes, dan kan mense byvoorbeeld naweekhuisies daar opsit, wat sal lei tot 'n kleinerige toerismebedryf. Maar ek dink die plek is nou ontdek. Eiendom is steeds goedkoperig daar, spring dus gou as jy belangstel (dis baie naby aan Hermanus en ook Greyton na die ander kant toe, plekke waar eiendom reeds onbekostigbaar duur is).
Dalk ou nuus, maar nie vir my nie
Ek besef dis waarskynlik nie nuut vir enigeen wat my blog lees nie, maar ek het met 'n passie podcasts ontdek. Ek het geen TV nie, ek luister graag nuus op die radio of lees baie koerante, maar podcasts is net die beste ding ooit. Toe ek nog 'n klein skoolseuntjie was, het ek altyd saans wanneer al die ander mense in die huis slaap met my kortgolfradio gespeel en tussen al die statika deur allerhande wonderlike stasies opgevang. Vir my was dit amper asof ek besig was om iets stouts aan te vang, want ek het graag geluister na Radio Moskou, Radio Pyongyang, een of ander stasie uit Oos-Berlyn en so aan, alles eintlik erg verbode in daai jare (ek praat nou van diep in die apartheidsjare en 'Rooi Gevaar'-tyd). Dan het ek vir hulle geskryf met 'n verslaggie oor wat ek gehoor het, dan stuur hulle altyd vir jou 'n poskaart of 'n geskenkie, ek was baie trots op my briewe uit Moskou (so ene uit vier het aangekom, die res vermoed ek het die geheime polisie in Pretoria onderskep). In elk geval, podcasts is vir my die moderne weergawe daarvan, ek kan kies presies watter soort nuus of inligting ek soek, dit eenvoudig aflaai en daar gaat jy, jy kan luister wanneer en waar jy wil. Ek was altyd en sal altyd bly 'n groot fan van die BBC, dus het ek reeds ingeskryf op 'n klomp van hulle podcasts, wonderlike dokumentere programme wat mens nie eintlik hier by ons op die radio hoor of op die TV sien nie. Tensy jy natuurlik 'n dstv-intekenaar is, wat ek eens op 'n tyd was en toe kom ek agter alles word oor en oor en oor herhaal, jaar na jaar, toe los ek dit maar. Apple se itunes het klaar al die moeite gedoen en lang lyste saamgestel van sommige van die beste podcasts beskikbaar. (Ons wat in SA woon kan mos nie musiek aflaai van itunes nie, maar die podcasts kan ons wel aflaai, en dis gratis). Jy teken in op die wat jy wil luister en elke keer as jy jou ipod inplug dan laai itunes self al die jongste episodes af. Wonderlik! Die wereld gaan nooit meer dieselfde wees nie.
Friday, July 14, 2006
Jy mag nie jou TV verkoop nie
Ek is jammer ek was so stil. Sedert ek terug is in SA was ek net te besig vir woorde - met persoonlike administratiewe rompslomp of met werk, ek is in die gelukkige posisie dat ek sommer 'n klomp vryskutwerk gekry het omtrent die oomblik toe ek van die vliegtuig afgeklim het.
Maar nou gaan ek kla oor die geheel en al onbeholpe SAUK. Voordat ek weg is (Januarie), het ek my TV verkoop en die SAUK gebel om my lisensie te kanselleer. Anders land jy sommer op 'n swartlys. Om 'n TV-lisiensie in SA te kanselleer moet jy na die polisie gaan, waar jy 'n beedigde verklaring moet afle^ dat jy nie meer die trotse eienaar van 'n TV is nie, en jy moet ook die naam van die koper van jou TV gee, sodat die SABC hom kan gaan opskroef.
Dan moet jy die verklaring faks na die SABC, en jou lisensie is gekanselleer. In 'n droomwereld ja.
So kom ek na ses maande terug in die land, nadat ek al bogenoemde gedoen het, net om twee dreigbriewe in die posbus te kry: betaal NOU jou SABC-lisensie of ons sit ons prokureurs op jou en jy beland op 'n swartlys. Stomend van woede bel ek toe hulle 'hulplyn', twee keer, twee keer hou ek byna tien minute aan, geen antwoord. Skryf toe maar e-pos (in sterk taal), waarop ek ook geen antwoord kry nie. Want my gevoel is, ek het die lisensie gekanselleer, ek het die bewys dat ek die faks gestuur het, iewers het iemand nie hulle werk gedoen nie en dit was nie ek nie.
Bel toe 'n derde keer, kry wonder bo wonder antwoord, nee meneer, dis geen probleem nie, ons het jou kansellasiebrief gister (dis nou 30 Junie, ses maande nadat ek dit gefaks het!) ontvang. Moenie worrie nie.
Nie 'n week later nie word ek gebel deur die SABC se prokureurs en gedreig om NOU te betaal. Toe is ek darem kwaad. Baklei eers met die vrou, maar sy bied toe vreemd genoeg aan om te help, want sy kan ook insien die SABC is verkeerd. Ek faks toe maar vir haar die bewys van my kansellasie, en sedertdien is almal stil. Hopelik nou uitgesorteer. Maar ek dink dis 'n groot skande, die SAUK skroom nie om jou te laat sleg voel as jy nie jou TV-lisensie betaal nie, maar as jy dit heel legitiem kanselleer, soek hulle blykbaar in elk geval steeds jou geld. Dis 'n skande.

Wat gaan aan?
Friday, July 07, 2006
Verskonings, verskonings
Jammer ek was die laaste paar dae bietjie stil. Eerstens was ek besig om te trek na my nuwe huis in Stellenbosch, 'n plek waar ek nog nooit gewoon het nie en dit is inderdaad pragtig. En verder was die geluksduiwel aan my kant en ek is hierdie week oorval met vreeslik baie vryskutweerk. Maar hou moed, ek post binnekort weer. Nog nostalgiese terugblikke en ietsie oor my nuwe dorp volg.
Monday, June 26, 2006
Terug in Afrika

'n Dhow by Zanzbar. Ek was te hoog om dit te sien, maar die blou, blou see en die koraal was pragtig uit die lug uit.

Die Malawimeer het ek omtrent so uit die lug gesien.

En toe ook die Karibameer. Hierdie drie foto's is nie myne nie.
Ek is terug in Afrika - hierdie is sommer ook 'n aankondiging vir my vriende wat ek nog nie gebel het om te vertel nie. Ek is nou in die koue Johannesburg, gisteraand was dit 0 grade en vandag is dit so 14, ek vrek van die koue! Na maande en maande in temperature van ver oor die dertig kry my tengerige lyfie maklik koud. Ek het 'n wonderlike vlug terug gehad, was met Emirates wat ek reken die naasbeste lugdiens is wat ek ken. (Die beste is Singapore Airways.) Maar ek vlieg graag met Emirates, want ek verdien ook Voyager-myle by hulle, altyd 'n groot bonus. Dit was wel lank, eers van Bangkok na Dubai, amper sewe uur, toe ses uur wag vir die aansluiting en nog so net oor die nege uur na Johannesburg. Emirates is nou wel wonderlik, maar Dubai se lughawe is vir my erg onaangenaam. Die lugdiens is so groot met so baie aansluitings dat die lughawe te klein geraak het, ek het gesien hulle bou nou aan. Daar is net eenvoudig te veel mense, daar was nie eens plek om te sit nie. Baie het sommer op die vloer gesit of gele^. Ek ken gelukkig die koffiekroeg by die lughawehotel, waar daar heerlike, sagte sofas is en niemand kla as jy daar sit en slaap nie. En daar is dit stil, die ander passasiers kom nooit daar uit nie! Met die vlug terug, wat in die dag was, was die lug helderblou en ons het eers oor die Arabiese Skiereiland gevlieg, toe seelangs tot so net by Zanzibar, waar ons toe oorland verder is. Wat beteken ek het pragtige beelde gesien van Zanzibare, die Malawimeer en die Karibameer uit die lug. Wat 'n wonderlike terugverwelkoming in Afrika!
Saturday, June 24, 2006
Hoe ver is ver?

Ek speel gisteraand toe so vir die snaaksigheid op die internet met afstande tussen stede, ek wou kyk waar was die verste plek wat ek op my reis was. Dit was natuurlik Apia in Samoa. Presies 14375km van die Kaap af. Maar dis nog nie die verste wat 'n mens kan reis van SA af nie. Ek het in einste Samoa 'n Sweed ontmoet wat vertel het die rede waarom hy soontoe gegaan het, was omdat Samoa die verste plek van Swede is wat bestaan. Hy maak egter 'n fout, Samoa is net 100km verder van Swede as wat dit van die Kaap is. Die aarde se omtrek is net so oor die 40000km, dus moet jy net so oor die 20000km reis om regtig op die verste punt van jou blyplek te wees. Ek het hard gesoek, maar kon geen spesifieke plek kry wat so ver van SA is nie. Die verste is Honolulu in Hawaii, ek was dus goed op pad soontoe toe ek in Samoa was - Hawaii is nog vyf uur se vlieg daarvandaan. Honolulu is 18700km van die Kaap af. Dus, my raaiskoot is dat die verste plek van SA af waarskynlik in die see tussen Hawaii en die Amerikaanse kus is. Verskeie stede in Noord-Amerika is baie ver van SA af, so tussen 16000 en amper 18000 km, maar Honolulu bly die verste. Kan iemand help? Is daar 'n land waar mens presies 20000km en 'n bietjie van SA af is?
Thursday, June 22, 2006
Sirkels
Die sirkel is voltooi. Ek het die Asiatiese komponent van my reis in Bangkok begin, ek is weer terug hier vir twee dae voor my vlug huis toe. Dis gepas om die reis hier te begin en eindig, dit was verlede jaar een van die eerste plekke wat ek in Asie gesien het, en het, saam met Malesie en Singapoer, waarskynlik 'n rol gespeel in my besluit om vanjaar hierdie lang reis aan te pak. Ek het intussen my mening oor Bangkok heelwat verander.
Ek het nooit baie hiervan gehou nie, dit was vir my 'n nes van besoedeling en onderduimsheid. Maar ek het agtergekom dit is nie eintlik waaroor Bangkok gaan nie. Ek was so tien dae gelede hier onderweg na Phnom Penh, dit was toe pragtig. Die lug was helderblou en skoon. En die stad het toe sommer mooi gelyk. Vandag is die besoedeling terug, nie so erg soos laasjaar nie (daar hang letterlik so 'n bruin waas in die strate), maar dis hanteerbaar.
Ek sit met 'n kop vol soveel ondervindings, ek dink ek het so baie geleer hierdie laaste ses maande. Ek het op hierdie reis vertrek juis omdat ek iets gesoek het (mens soek tog seker altyd iets as jy gaan reis, indien nie dieper insigte nie minstens net nuwe dinge). Ek was in 'n situasie waar ek SA kon agterlaat en kon gaan verken op soek na iets wat ek graag wil doen. En miskien het ek dit gekry.
Ek het Asie regtig geniet. Miskien het dit na my kop toe gegaan dat mense my aanhoudend vra of ek Chinese bloed het! As ek R1 het vir elke keer wat daardie vraag gevra is, kon ek teen die tyd vir my 'n nuwe kar gekoop het! Maar daar's natuurlik werklike redes. Ek geniet die opwinding, die andersheid, die mense. Dalk waai dit oor.
Ek kom Sondag terug in Johannesburg. Aan die een kant is ek nogal opgewonde om terug te gaan, aan die ander kant weet ek voor my siel ek sal weer terugkom hierheen. Ek het al die inligting wat nodig is, en ek weet ek kan 'n gastehuis kom oopmaak in Kambodja. Ek droom behoorlik daarvan.
Die interessante ding sal wees wanneer ek terug is by die huis, of die planne gaan bly of gaan verdwyn. Gaan ek dalk so bekoor wees deur my eie land dat ek nie weer wil reis nie? Of gaan ek deursettingsvermoe he^ om hierdie nuwe uitdaging te kom aanpak? Nie dadelik nie, maar mettertyd.

Lyste en lyste!

Toneel in Beijing.
Die volgende paar weke kan my lesers hulle maar regmaak vir nostalgiese herinnerings en lyste. En allerhande foto's wat nog nie voorheen gepubliseer is nie (wanneer ek by die huis my eie rekenaar kan gebruik om al die duisende foto's wat ek geneem het rustig oop te maak en te bestudeer). Maar vandag begin ek met my eerste twee lyste, my gunsteling vyf groot stede in die wereld, en die vyf swakste lugdienste in die wereld waarmee ek al gevlieg het. Die volgende aflewerings sal lyste van die vyf beste klein dorpe ter wereld wees, en die vyf dinge wat ek reken mens moet sien of doen voordat jy doodgaan.
My vyf beste stede ter wereld (maar oor 'n maand verander ek dalk my mening). Ek het gewik en geweeg of ek Kaapstad moet insluit, dis die voor-die-handliggende eerste keuse, maar omdat ek daar woon, sluit ek dit nie in nie. Daar is net een plek soos die Kaap, al het hy, soos elke plek, sy foute.
Dus:
1. Kuala Lumpur.
Geen verrassing hier nie. Ek het voorheen al wyd geblog oor die rede hiervoor, maar in kort dink ek KL is een van die vriendelikste, lewendigste stede waar ek al was, en dit het al die opwinding van die sogenaamde 'Derde Wereld' maar met al die sofistikasie van die 'n moderne wereldstad. En dis boonop goedkoop ook.
2. Lhasa, Tibet.
Dis eenvoudig 'n magiese plek wat mens nie regtig in woorde kan beskryf nie. Die reuke in die lug, die baie, baie dun atmosfeer wat kleure vreeslik intens laat vertoon, die duisende pelgrims wat voortdurende deur die strate stroom, die dreunsang van die monnikke saans, die son wat oor die Himalajas sak, stadig, stadig sodat dit voel asof skemer baie lank duur. Wonderlik!
3. Jerusalem.
Baie dieselfde redes geld hier as vir Lhasa. Dis 'n wonderlike mistieke plek, seker logies, dis die middelpunt van soveel gelowe. Dis meer toeganklik vir my, omdat ek myself meer met die Westerse geloofstradisie kan vereenselwig. En Jerusalem is natuurlik ook doodeenvoudig pragtig. Die Ou Stad met al sy wonderlike inkopiestrate, en as jy iewers op 'n hoe" plek kan staan om te kyk hoe die son oor die Ou Stad se kleurryke dakke sak - nader aan die hemel kom mens nie.
4. Beijing.
'n Groot, groot stad met soveel mense en dinge, aanvanklik was dit vir my oorweldigend. Maar dis 'n ongelooflike statige plek, die vreeslike bree strate, deftige geboue, ouwereldse moltreine en moltreinstasies, en natuurlik die ongelooflike ou geskiedenis met antieke Chinese kultuur letterlik oral om jou, maak dit 'n besonderse plek. En dan so 'n sweempie sosialistiese vrees-inboesemings-argitektuur met Tiananmen wat so groot is jy kan jou dit nie indink voordat jy dit sien nie.
5. Buenos Aires.
Dis 'n stad wat dikwels die Parys van die suide genoem word, ek was nog nooit in Parys nie en kan dus nie vergelyk nie, maar dis ook een van daai plekke waar mense die lewe geniet. Hulle het hul stad doelbewus geskep om soos Parys te lyk, en dit toe vol Latynse energie geblaas. Baie warmbloedige plek.
En dan 'n stad wat net-net uitval: Macau.
Macau was 'n groot verrassing. Soos ek verwag het, was dit 'n heerlike mengsel van Portugese en Chinese invloede, maar ook met 'n lekker seedy Las Vegas-gevoel, allerhande blink, flitsende casino's. Die plek is vol heuwels, wat beteken saans as die liggies begin aankom, is dit 'n skouspel om te sien. En as jy in die strate ronddrentel, verby allerhande wonderlike winkels wat Portugese gebak, Chinese antieke ware, gedroogde vis, ontwerpersklere, alles, verkoop, en elke nou en dan doem nog 'n Portugese katedraal wat honderde jare oud is, voor jou op, dan is dit sommer 'n lekker plek. Of aandete op Coloane-eiland, by Fernando's, dis 'n instelling soos high tea in die Mount Nelson.
Nou, die vyf swakste lugdienste waarmee ek al gevlieg het:
1. Air New Zealand.
Daar is geen twyfel hieroor nie, hulle probeer so hard geld bespaar dat die vlug doodeenvoudig onaangenaam is. Op binnelandse vlugte, selfs al is dit byna twee uur lank, kry jy 'n koppie water (een van daai plastiekkoppies met 'n dekseltjie) en 'n pakkie met twee klein koekies. Op my vlug na Samoa (vier uur) het ek ook water gekry, darem die opsie van ander drankies, behalwe dat die vlugkelners almal iewers weggekruip het, en 'n 'soggy' toebroodjie.
2. LAB (Lineas Areas de Bolivia).
Weet nie of hulle meer bestaan nie, dit was baie jare gelede. Ek het gedog ek sterf. Die vlug van La Paz na Tarija in die suide van Bolivie, was op 'n stokou Boeing 707, doodverlep aan die binnekant. Met opstyg het al die passasiers om my die kruissimbool gemaak, toe begin die vliegtuig so wild skud en kraak dat al die suurstofmaksers uitval. Die lugwaardinne het heelwat later doelloos verby gedrentel en die maskers probeer terugdruk in die dak in. En toe het al die passasiers weer die kruissimbool gemaak.
3. Air Zimbabwe.
Al 'n paar keer met hulle gevlieg. Die vliegtuie is nie te sleg nie, maar wat my een keer onkant gevang het, was op 'n vlug van Harare na Masvingo, op 'n Cessna, toe die Air Zimbabwe-personeel op Harare-lughawe nie die vliegtuig kon kry nie. Ons het almal op die aanloopbaan gestaan (met ons bagasie, moes dit self na die vliegtuig dra), terwyl twee beamptes verward rondgehardloop het. Totdat hulle ontdek die klein Cessna staan weggesteek agter 'n groot Boeing. En almal weet deesdae het hulle nie geld om hul vliegtuie te versien nie.
4. Spicejet (Indiese laekoste-lugdiens).
Sardyntjie-blik. En dalk nie die lugdiens se skuld nie, maar die medepassasiers is onbeskof, probeer my sitplek steel (by die venster) met die lugwaardin wat anderkant toe kyk, en dis eenvoudig chaos om jou bagasie te laat inweeg.
5. Air China.
Dit was nou sardyntjie-blik uitgeknip. Dis al. Ek het nog nooit so styf ingeryg gesit nie. Met spoegende passasiers om my (gelukkig spoeg hulle darem in hul servette).
Soveel bly oor

Hierdie reis is klaar, ek kom Sondag in Johannesburg aan, so dis gepas om nou 'n kaart te plaas van die lande waar ek tot dusver was - 42 lande. Dis 17% van al die lande. Daar bly dus nog 83% oor om te sien. Ek tel nie Hongkong en Macau nie, hoewel hulle eintlik aparte gebiede is met hul eie geldeenheid en eie grense (die grens tussen China en Hongkong lyk nog kompleet soos die ystergordyn van ouds), maar ek tel wel Tibet, wat ek as 'n besette, maar aparte land beskou. Die kaart gee ook nie die opsie om St Helena in te sluit nie, ek dink nie die Amerikaanse skeppers van die kaart weet eens waar dit is nie.
Wednesday, June 21, 2006
Lekker kuier

Hier's nog 'n paar prentjies van Chiangmai. In dieselfde omgewing waar Thailand se hoogste berg is (sien die onderste post) is ook hierdie waterval. Ek het op 'n vorige keer hier onder so 'n waterval gesit vir 'n lekker watermassering op my rug.

Gisteraand was ek saam met 'n paar vriende na 'n partytjie in 'n klein dorpie buite Chiangmai. Ons het sommer so op die vloer gesit en kuier, en almal saam uit dieselfde bakke kos, met dieselfde eetgerei, geeet. Soms moet mens maar gewoond raak aan ander maniere van doen. Die kos was onder meer gebraaide padda, rou dierebinnegoed (ek weet nie watse dier dit was nie), half-uitgebroeide eiers en ander dinge. Gelukkig eet ek nie vleis nie en respekteer die Thais mens se eetvoorkeure. Hier is meer as een transvestiet op die foto. Dis immers Thailand.
Subscribe to:
Posts (Atom)