As jy my naam Google, kom jy by hierdie webwerf uit, genaamd Knowhere.
The Knowhere Guide: Info for over 2000 places in the UK covering Hook-up Spots, Skateboard Shops, Skateboard Spots, Record Shops, Musical Instrument Shops, Clothes Shops, Clubs (Dance Music), Music Venues, Cinemas, Arts Crafts & Head Shops, Games Shops, Bike Shops, Magazine and Comic Shops, Newsagents, Food, Pubs, Buskers, Street Entertainers, Cringing Cult of Celebrity (Famous residents and ex-residents.), Favourite Building, Demolish It Now Building, Cafes and coffee shops, The Best Things, The Worst Things, The Stuff We Can't Fit In Somewhere Else, Related Links, Sports Clubs and Facilities. And it has all been contributed by users of the Knowhere Guide. So it's all true, right? Daar is 'n plek waar al die beroemdste inwoners van Bradford in Engeland genoem word. Ek sien ek was een van hulle, (maar ek het baie gelieg):
'Andre Gouws, the world-famous raconteur/spy/mountain-climber/bon viveur/womaniser/doctor/astronaut/nobleman/bullshitter and friend of the Earl of the World used to live here, before he retired to live in the Bahamas, which he recently purchased. Honest.'
Friday, December 30, 2005
Beste blog
Ek weet julle almal wag in afwagting op die nuus oor my reis, maar dis nog tien dae voordat ek vertrek. Gaan kyk gerus intussen na Johannes de Villiers se blog , hy was my blog-leermeester en sy blog is die heel beste.
Voorsmakie (1)
Hierdie foto's het ek vanjaar in Oktober geneem toe ek vir 'n vinnige voorsmaak deur Singapoer, Maleisie en Thailand gereis het. Nou plaas ek dit solank om julle 'n aanduiding te gee van wat alles nog kom op my blog - ek sal darem af en toe mooi natuurtonele, stede en historiese plekke wys vir mense wat daarin belangstel (soos ekself), en enigiets anders wat interessant is.
By 'n backpackers-restaurant in Ayutthaya, Thailand. Die vrou (ek kan nie meer haar naam onthou nie) kom van Montreal en is 'n onderwyseres. Sy vat elke jaar so twee maande vakansie, dan gaan reis sy stoksielalleen iewers. Sy is gelukkig getroud en haar man hou ook elke jaar op sy eie vakansie. Die ander ou (ek kan nie meer sy naam onthou nie) is die restaurantbestuurder. Hy was eers die eienaar (soortvan - sy girlfriend het die plek besit), maar toe los sy hom en hy sit sonder haar en sonder werk. Maar toe kom hulle agter die restaurant werk nie sonder hom nie, want hy kan Engels praat en die gaste is meestal buitelanders. Die restaurant het hom toe teruggevat, maar sy girlfriend wou hom nie terugvat nie.
Gabriel, 'n ou vriend van my van Kuala Lumpur, saam met my by 'n Indiese tempel aan die buitewyke van KL. Die tempel is binne-in 'n grot en dis 'n lang klim voordat jy daar uitkom. Hulle bou ook nou 'n baie groot beeld voor die tempel, maar hy mag niks groter nie omdat geen godsdienstige struktuur groter as die hoogste moskee in Maleisie mag wees nie. Tog is die beeld baie hoog, ek het nog nooit so iets gesien nie.
Kelvin, my maatjie in Singapoer. Hy is 'mixed race', hy is half-Japannees en half-Duits. Ek het in Singapoer uitgevind ek is ook 'mixed race', ek is glo half-Chinees. Dit was 'n groot aanknopingspunt vir gesprekke, dit het gewoonlik so verloop: 'Whe yu fom? Yu mixed lace?' Blykbaar is dit my oe wat die mense laat dink ek is half-Chinees. Vir my werk dit baie goed, want dit maak my glo spesiaal en anders.
Die monnikke in Thailand kry hul eie staanplek op die rivierboot in Bangkok. Hulle mag nie gaan sit waar jy sit nie, en jy mag nie gaan staan waar hulle staan nie.
By 'n winkelsentrum in Ayutthaya in Thailand is daar aparte parkeerplek vir die motorfietse en bromponies, ek reken dis omdat daar so baie van hulle is.
By 'n backpackers-restaurant in Ayutthaya, Thailand. Die vrou (ek kan nie meer haar naam onthou nie) kom van Montreal en is 'n onderwyseres. Sy vat elke jaar so twee maande vakansie, dan gaan reis sy stoksielalleen iewers. Sy is gelukkig getroud en haar man hou ook elke jaar op sy eie vakansie. Die ander ou (ek kan nie meer sy naam onthou nie) is die restaurantbestuurder. Hy was eers die eienaar (soortvan - sy girlfriend het die plek besit), maar toe los sy hom en hy sit sonder haar en sonder werk. Maar toe kom hulle agter die restaurant werk nie sonder hom nie, want hy kan Engels praat en die gaste is meestal buitelanders. Die restaurant het hom toe teruggevat, maar sy girlfriend wou hom nie terugvat nie.
Gabriel, 'n ou vriend van my van Kuala Lumpur, saam met my by 'n Indiese tempel aan die buitewyke van KL. Die tempel is binne-in 'n grot en dis 'n lang klim voordat jy daar uitkom. Hulle bou ook nou 'n baie groot beeld voor die tempel, maar hy mag niks groter nie omdat geen godsdienstige struktuur groter as die hoogste moskee in Maleisie mag wees nie. Tog is die beeld baie hoog, ek het nog nooit so iets gesien nie.
Kelvin, my maatjie in Singapoer. Hy is 'mixed race', hy is half-Japannees en half-Duits. Ek het in Singapoer uitgevind ek is ook 'mixed race', ek is glo half-Chinees. Dit was 'n groot aanknopingspunt vir gesprekke, dit het gewoonlik so verloop: 'Whe yu fom? Yu mixed lace?' Blykbaar is dit my oe wat die mense laat dink ek is half-Chinees. Vir my werk dit baie goed, want dit maak my glo spesiaal en anders.
Die monnikke in Thailand kry hul eie staanplek op die rivierboot in Bangkok. Hulle mag nie gaan sit waar jy sit nie, en jy mag nie gaan staan waar hulle staan nie.
By 'n winkelsentrum in Ayutthaya in Thailand is daar aparte parkeerplek vir die motorfietse en bromponies, ek reken dis omdat daar so baie van hulle is.
Voorsmakie (2)
Wanneer dit reen in Maleisie - elke dag - is daar altyd 'n oplossing as jy dalk met 'n motorfiets ry om jou teen die nattigheid te beskerm. Dis baie doeltreffend dink ek, want almal doen dit. Pangkoreiland.
Nog 'n sambreelfoto, maar dis 'n slaapsambreel op 'n olifant. In Thailand - Ayutthaya, een van die ou koninklike hoofsetels en vol vervalle Boeddhistiese tempels wat honderde jare oud is.
Hierdie kruispad is op Singapoer se grootste shopping-straat, Orchard Road. Ek weet nie hoe spreek hulle dit uit nie. Hulle praat vier amptelike tale - Chinees, Hindi, Maleis en Engels - maar nie Afrikaans nie.
Wanneer jy baie ver van jou land is, maak dit jou hart sommer warm as jy afkom op iets wat klink soos jou eie taal - al is dit dan nou op 'n grafsteen. Hollandse inskripsie in Melaka (of beter bekend as Malakka, maar die koloniale spelling het in die slag gebly), eens was Melaka Hollands.
Hierdie kinders speel alte lekker in die Singapoerrivier. Maar as jy mooi kyk, sal jy sien dis nie regtig kinders nie.
Tuesday, December 27, 2005
Om die wereld en terug
Op 10 Januarie kom die groot dag, wanneer ek met 'n marathonvlug van byna twee dae (met stoppe in Dubai, Singapoer en Brisbane) eindelik in Auckland aankom op die eerste been van my (te lank uitgestelde) reis rondom ('n deel) van die wereld. Dis seker 'n soort van 'n middeljare-krisis, ek word vanjaar 34, en dis nou vir my die ideale tyd om weer te gaan reis. Met die verkoop van die gastehuis en my nuwe projek op Teslaarsdal (sien hieronder) wat nog nie begin het nie, het ek nou die tyd om weer verantwoordelikhede agterwee te laat en te gaan kyk hoe lyk ander plekke. Die kaart is die plekke waarheen ek beplan om te gaan.
In met die nuwe
Die uitsig van bo-op die koppie op my grond by Teslaarsdal, waar ek beplan om my houthuis te bou. Dis my broer Wynand en sy vrou, Beatrix.
So lyk Teslaarsdal en op regterkant, die grys-bossiegedeelte, is my grond.
Wanneer ek terugkom van my reis na Nieu-Seeland en die Ooste (dalk ook Europa), kan ek uitsien na my nuwe toerismeprojek en boerdery op my stukkie grond by Teslaarsdal. Ek het by iemand op Sutherland gehoor van die plek en sommer dadelik gaan kyk. Dit is 'n klein dorpie 30 km van Caledon en 40 km van Hermanus, in 'n pragtige vallei, geheel en al onontdek (tot dusver - daar is elke keer as ek op my grond gaan staan en uitskreeu 'Dis alles myne!' meer nuwe huise wat gebou word. Maar dis net logies dat die plek baie gewild sal raak, dis ideaal gelee, spog met wonderlike natuurskoon, en is op die oomblik baie, baie billik. Buurdorpe is letterlik plekke soos Napier en Stanford, wat al lankal onbekostigbaar duur is, en die Hemel-en-Aarde-pad na Hermanus is net om die draai van Teslaarsdal).
Daar wil ek wanneer ek terugkom van die buiteland 'n bacpackers-lodge gaan opsit, 'n houthuis met chalets en lekker Oosterse dekor, en landerye met goeters soos mushrooms en soetrissies wat ek op die mark sal gaan verkoop. Ek het al begin soek na moontlike planne van huise, daar is nogal nice houthuise besikbaar, maar geld is natuurlik 'n groot beslissende faktor. Sal finaal besluit wanneer ek terug is. Die grond is 3,6 ha groot, maar ek gaan dit onderverdeel en 'n deel aan my broer verkoop, en 'n deel hou om eendag te verkoop en baie geld te maak wanneer die Hermanus- en Stanford-crowd die plek ontdek het.
Die grond is nog heeltemal onbebou, daar is net bossies, kwarts-klippies en baie ysterklippe, en blommetjies in die lente. Van bo op die koppie het ek uitsigte oor die dorpie en die omgewing. My grond is net buite die dorp. (As enigeen daar wil gaan bele, nou is die tyd. Luister nou maar na die skrywer van Die Burger se Kry vir my 'n huis!)
Kersfees in Jeffreys en Mosselbaai
Nog 'n Kersfees agter die rug, maar hier is twee beelde van my vieringe vanjaar - my broer wat (of dit nou sous of nie) vir ons op Oukersdag 'n vleisie (en vir my 'n lekker stukkie fake hoender) braai. Dit was nat en reenerig op Jeffreys, maar Kersdag was beter en warmer. Die tradisionale ete en familie. Vir Boxing Day het ek gou (op pad terug na die Kaap) by my vriend Gunther op Mosselbaai gaan inloer. Dis natuurlik net soos Jeffreys algehele chaos (Kersfees is almal mos op die pad), en ons het saam met al die skoolkinders (letterlik, hoe hulle in kuierplekke toegelaat word, weet ek nie) geheel en al gekletter geraak. Dis 'n ou Sutherland-gewoonte van my en Gunther wat genadiglik nou net so twee keer per jaar herdenk word. Eers langs die see by Groot-Brak, toe in die karavaanpark in Groot-Brak, en toe saam met die reeds genoemde kinders in De Dekke, glo DIE plek. Baie, baie meer mans as vroue (so 80/20), die meeste mense is vermoedelik teleurgestel huis toe. Op die foto skink Gunther vir ons nog een.
Saturday, December 24, 2005
Gesiggie
Hierdie foto het ek al 'n hele paar maande gelede op my selfoon geneem - ek het een aand in my huis op Sutherland gestaan en rook (sigarette), toe ek nog baie gerook het, en sommer so na die muur gestaar toe hierdie gesig hom voor my opdoen. Het dit vandag vir my broer-hulle gewys en die belangstelling was so groot dat ek dit nou hier ook deel. Dis in die klip teen die muur, nie uitgekap of iets nie, dis net daar.
In die bos
Hierdie vrou het 'n klomp straatkinders na Tstitsikamma gevat - seker op een of ander opvoedkundige toer. Toe ek terugloop op die baie wankelrige hangbrug, het ek verby hulle geloop, en minstens vier van die kinders (drie meisies en een seun) het oopbek gehuil van vrees, maar hulle het aanhou loop, want daar was nerens anders om te gaan nie.
Dis nou sommer ek wat op dieselfde wankelrige brug loop, met my hoogtevrees iewers in 'n tassie weggepak.
Wilde sampioene wat oral in die bos op ou, gevolle boomstompe groei.
Hierdie boom is 800 jaar oud. Hy groei al vir so lank, op presies dieselfde plek. Hy was al daar toe die eerste klipweergawe van die London Bridge in die 1200's (wat nie meer bestaan nie) gebou is. Hy was 'n klein boompie toe die vierde kruistog begin het. Hy staan nou nog in die Oos-Kaap.
Vandag was ek saam met die familie na Tsitsikamma, 'n plek wat ek al eenkeer voorheen besoek het - en ek staan verstom oor die wonder van die natuur. Dit is een van die mooiste plekke wat ek nog ooit gesien het, daar is net iets primeval aan die bos, die stilte, die voeltjies (wat ek graag sou wou benoem, maar ek is nie 'n voelkenner nie), die mos wat al die boomstompe vol groei, die varings groter as wat jy nog gesien het. Dit laat jou stilstaan en vergeet van enige ander kwellinge wat eintlik maar alles werelds is en tog verbygaan. Toe gaan ons na die nasionale park toe, wat apart is van die woud wat jy op die N2 sien, en dis net nog meer en nog beter as wat jy reeds gesien het. Ek wil dit aanbeveel as een van die beste plekke wat ek nog gesien het as jy stilte en tyd vir dink soek.
Thursday, December 22, 2005
Uit met die oue
Hier staan ek en Francois, nuwe eienaar van my gastehuis, by Oubergpas, een van Sutherland se vele onontdekte attraksies. Daar is uitsigte so ver soos die Sederberge oor die Onder-Karoo, en absolute vrede.
Die Sutherland Inn - my baba in die Karoo wat een van die dae nou nie meer myne is nie.
Helaas, die Sutherland Inn, my groot projek van die afgelope anderhalfjaar, is een van die dae nie meer myne nie. Die titel van my blog is nie om dowe neute nie, ek sal seker eendag rustig raak, maar nog nie nou nie. Ek het gedoen wat ek wou, 'n redelike obskure plek as die begin van my lewe weg van die korporatiewe wereld gekies, gesien hoe Sutherland net groei en groei, en toe (na baie sweet, ek het hierdie huis heeltemal self reggemaak, van bo tot onder, vloere geskuur, geverf, geleer om selfs plumbing te doen), besluit om te verkoop. Die nuwe eienaar (op die foto hierbo saam met my by Oubergpas, een van Sutherland se attraksies) is vol ywer en ek glo hy sal my babatjie oppas en selfs nog beter maak. Hy het reeds oorgeneem en die huis sal seker binne die volgende twee weke oorgaan op sy familie se naam. Maar ek sal enige dag as iemand Sutherland toe wil gaan, aanbeveel dat julle steeds in die Sutherland Inn gaan bly (al is ek nie meer daar nie!). Hier is die webadres vir besprekings en navrae. Dis steeds soos ek dit gemaak het, en ek moet byvoeg dat die nuwe eienaar van die hotel nou die dag vir my gese het hy dink Sutherland Inn is ongetwyfeld die mooiste en beste blyplek op die dorp (dus 'n objektiewe mening!).
Ja, ma, ek stort sommer in die nagklub
Subscribe to:
Posts (Atom)